Donderdag, 18 Augustus 2016 20:55

Leraars en personeel

NG-Eros het 'n dinamiese span wat die gemeente bedien. Hierdie span bestaan tans uit:

LERAARS

NG-Eros het tans vier leraars wat die gemeente bedien. Hulle is:

Dr Fourie van den Berg (Visie-draer leraar van Eros Gemeente)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

BA Adminissie (RAU); BD Teologie (Universiteit Pretoria); M-Div (Universiteit Pretoria); Dmin (George Fox, Portland, Oregon, VSA).

Fourie is 'n kreatiewe prediker met hope inisiatief en energie, wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die visie van die gemeente en meeste van die Sondae eredienste hanteer. Hy is getroud met Poenie, wat 'n hart van goud het vir die die Kleuterkerkbediening, en hulle het 2 seuns en 'n dogter.

Ds Johann Serfontein (Pastorale leraar van Eros Gemeente asook Brugleraar vir Elisenheim Gemeente)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Johann is die standvastige en bestendige pilaar van die gemeente met jare ondervinding en bekend vir sy praatjies oor die huwelik op Kanaal 7 radio stasie. Hy is al vir jare deel van die gemeente en sien om na die bejaardes en siekes in die gemeente. Johann is getroud met Betsie, wat aan die hoof van die Spensprojek in die gemeente staan en hulle het 2 seuns.

Ds Zack Pienaar (Missionele en Barmhartigheidsleraar van Eros Gemeente asook bestuurder van Imago Dei liefdadigheidsorganisasie)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Zack het in 2015 by Eros Gemeente aangesluit met die doel om die gemeente se Missionele bediening uit te brei. Hy was voorheen lid van die VGK (Vrye Gereformeerde Kerke) in Bloemfontein.

Ds Marco Koch (Gesinsbediening)

Marco is in Julie vanjaar as predikant by ons bevestig. Sy besondere taak is om op gesinne te fokus. Hy is getroud met Doret. Ons verwelkom hierdie twee jong, nuwe lidmate in ons gemeente met ope arms. 

KERKKANTOOR PERSONEEL

Annelien Muller - Gemeentebestuurder

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Erina Junius - Orrelis/ Lientjie van Zyl - Musiek

Jenny Boshoff - Finansies

Jefta Gertze en Albert Shivute - Algemene Werkers

Hierdie twee manne vul die span aan en is verantwoordelik vir opruiming, instandhouding en versorging van lokale en die kerkterrein.

Published in Wie is ons

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer