Donderdag, 18 Augustus 2016 20:55

Leraars en personeel

Written by

NG-Eros het 'n dinamiese span wat die gemeente bedien. Hierdie span bestaan tans uit:

LERAARS

NG-Eros het tans drie leraars wat die gemeente bedien. Hulle is:

Dr Fourie van den Berg (Visie-draer)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

BA Adminissie (RAU); BD Teologie (Universiteit Pretoria); M-Div (Universiteit Pretoria); Dmin (George Fox, Portland, Oregon, VSA).

Fourie is 'n kreatiewe prediker met hope inisiatief en energie, wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die visie van die gemeente en meeste van die Sondae eredienste hanteer. Hy is getroud met Poenie, wat 'n hart van goud het vir die die Kleuterkerkbediening, en hulle het 2 seuns en 'n dogter.

"Ek staan en leef om gebrokenheid heel te maak. Ek glo dat ons elkeen 'n roeping het om dit wat ons van God gekry het, aan te wend om die wereld 'n beter plek vir almal te maak. Ons moenie net gered word nie, maar voorgaan om te red. Daar is soveel sake en aspekte nodig waarvan mense gered en gehelp moet word. Eros gemeente se lidmate is God se geskenk vir Namibie. Ons is deur God geseen om tot 'n seen vir die nasie en die land te wees. Om die rede het ons gekies om 'n missionele gemeente te wees wat nie net ter wille van onsself bestaan nie, maar ter wille van iets groters, naamlik die Koninkryk van God."

Ds Johann Serfontein (Pastorale leraar)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Johann is die standvastige en bestendige pilaar van die gemeente met jare ondervinding en bekend vir sy praatjies oor die huwelik op Kanaal 7 radio stasie. Hy is al vir jare deel van die gemeente en sien om na die bejaardes en siekes in die gemeente. Johann is getroud met Betsie, wat aan die hoof van die Spensprojek in die gemeente staan en hulle het 2 seuns.

Ds Zack Pienaar

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Zack het in 2015 by Eros Gemeente aangesluit met die doel om die gemeente se Missionele bediening uit te brei. Hy was voorheen lid van die VGK (Vrye Gereformeerde Kerke) in Bloemfontein.

KERKKANTOOR PERSONEEL

Skriba

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Elsabe Horn - Kreatiewe kommunikasie

Erina Junius - Orrelis/ Lientjie van Zyl - Musiek

Janel Schutte - Jnr Jeugleier

Jenny Boshoff - Finansies

Jefta Gertze en Albert Shivute - Algemene Werkers

Hierdie twee manne vul die span aan en is verantwoordelik vir opruiming, instandhouding en versorging van lokale en die kerkterrein.

Read 547 times

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer