Woensdag, 21 Junie 2017 08:34

Verander 2017: Gesin

Geskryf deur Zack Pienaar

Gen. 27:34-41; 33:3-17(4)

Teks: Gen. 27:34-41; 33:3-17(4)

Tema: Bou wen gesinne vir Christus

Demonstrasie : 2 Vaders wat n ketting probeer breek , 1. Ketting met gesonde skakels en 2. Ketting met swak skakel wat gaan breek.

a chain is only as strong as its weakest link.

An organization (especially a process or a business) is only as strong or powerful as its weakest person. A group of associates is only as strong as its laziest member.

"In every chain of reasoning, the evidence of the last conclusion can be no greater than that of the weakest link of the chain, whatever may be the strength of the rest".

It may have originated from an ancient Basque proverb with a similar meaning that translates to, “a thread usually breaks from where it is thinnest.”

The idiom stresses that each individual’s success is vital to the success of the entire group. 

Die gedeelte wat ons saam gelees het vergeld vir ons die verhaal van n gesin wat so sterk was soos die ketting, elke skakel op sy plek, sterk en een. Dit is die verhaal van n Pa, Isak, ma, Rebekka en hulle twee seuns Esau en Jakob.

 Funksioneel:

Die gesin sou n mens se was n gesin soos enige ander gesin. n Gesin met Wie God defnitief n plan mee gehad het. n Gesin wat gelukkig saam geleef het, waar daar harmonie was, elke skakel van die gesin het sy of haar rol verstaan. n Mens sou met sekerheid kon se dat dit n gesin was wat n rolmodel was vir die gemeenskap van hulle tyd. Dit was n gesin wat die Here gedoen het.

Disfunksioneel :

Maar uit die verhaal duidelik n gesin wat nie gespaar was van die aanvalle van Satan wat gekom het om te steel, te roof en te slag nie.  Dit was ook n gesin wat hulle eie uitdagings gehad het. En die eerste sleg ding wat hulle tref is dat die vader van die huis, die leier van die gesin, die hoof van die huis raak siek en is besig om na die einde van Sy lewe te beweeg, hy Isak is besig om te sterwe. Wat n krisis vir die eens gelukkige gesin. En dan terwyl hy op die punt van sy lewe was weet Isak dat hy volgens die kultuur moet oorgee aan die oudste seun, dit beteken hy sal hom moet seun voordat hy sterwe en daarom roep hy Esau , verduidelik dit alles vir hom met een begeerte gaan in die veld skiet n bokkie en kom maak vir my my gunsteling kos, dan seen ek jou en dan sal ek sterwe. Dit was n belangrike seremonie want alles wat hy oor Esau sou uitspreek sou waar word in sy lewe dit sluit o.a in materiele voorspoed, oorwinnings ens. 

En gebeur die tweede slegte ding, die ketting se skakels raak slegter, die eenheid word versteur wanneer Rebekka die leierskap van haar man ondermyn, Sy neem n besluit nadat Sy die gesprek tussen Isak en Esau gehoor het om die reling van haar man te verander sonder Sy mede wete, sy gaan wanneer Esau in die veld is haar blindeman om die bos lei deur toe te sien dat haar jongste Jakob die seen sal kry. Waar hulle as gesin hulle lewe gebou het op waarheid en eerlikheid en geloofwaardigheid en integriteit, gaan Rebekka dit nou vervang met leuens, korrupsie en diefstal. Ongeag wat dit aan die eenheid van die gesin sal doen, want dit is hoe selfsug werk, jy is nie gepla met die Ons van die gesin nie, dit gaan oor wat jy wil he en jou belange.

Rebekka raak n swak skakel toe Sy Jakob roep en hom inlig van haar gedagte dat Hy die seen van Sy pa moet kry in die plek van Sy broer. Daarom maak Sy die kos, klee Jakob met klere van Esau, en plak hare van n dier op hom, alles om haar man te mislei. Sy dink nie dat Sy hierdeur die Ons van die gesin gaan vernietig nie.  Want die duiwel loop rond soos n brullende leeu om te steel, slag en te vernietig.

Sy en Jakob doen sooos beplan en Dan seen Isak die verkeerde kind, Jakob. wanneer Esau terug kom, die bokkie gaar maak en vir Sy pa gaan gee, dan word Hy geskok want Isak vra wat gaan aan ek het tog klaar geeet, en ek jou klaar geseen en tot Isak en Esau se ontsteltenis ontdek hulle dat Rebekka en Jakob hulle bedrieg het. Dit breek die gesin op en bring hartseer, bitterheid, haat, gebrokenheid, stukkende skewe verhoudinge. Die verhaal van die mooi rolmodel van gesin verander in n nagmerrie. Soveel so dat Esau uitroep:" My sal binnekort sterf en dan maak ek my broer dood". Die gesin breek op Isak sterf en Jakob vlug en Rebekka en Isak se lewe eindig op n lae noot, Rebekka en Esau se verhouding le in puin. 

Alles veroorsaak deur:

Leuens, gierighied, eie belange, selfgerigheid en ook die feit dat almal nie langer die Ons van die gesin gedien het nie. Watter hartseer en slegte wending het die lewe en verhaal van n eens pragtige gesin nie geneem nie. Want die duiwel kom om te steel, slag en te vernietig.

Draai in die storie:

Gelukkig , eindig die verhaal nie op die punt nie. Want die hoop beskaam nie. Dit hoef ook nie. Die verhaal eindig op n mooier noot. Die broers ontmoet weer en daardie dag moes moord plaasgevind het.

Jakob sien sy  broer Esau in die verte en is bang, Hy sien Esau met 400 man en in sy kop reken hy Easau sal hom aanval, daarom tref Hy voor bereidings deur sy vrou en kinders agter te laat loop en die slawe voor.

Hyself gaan loop voor en toe hy nader aan Esau kom het Hy vier keer gebuig voor hom. Want hy wou regmaak. Esau wat gese het:"ek wag net dat my pa sterf dan maak ek Jakob dood", sien Sy broer, hardloop hom tegemoet, omhels hom, huil en se kom ons loop saam verder. En so find herstel plaas. En so herstel verhoudinge.

Die versoening, Die heel word van verhoudinge gebeur agv:

Ontmoeting met God

Berou, vergifnis, restitusie

Gary Chapman en Jennifer Thomas , in hul boek:"Vyf tale van apologie ", genesing in jou verhoudinge kom wanneer jy in jou verhouding die 5 tale van apologie aanleer.

1. Om jou spyt uit te spreek: Se ek is jammer

2. Om verantwoordelikheid te aanvaar: Se ek is jammer

3. Om te vergoed vir jou foute: Vra, wat kan ek doen om dit reg te maak

4. Om opregte berou te toon: Belowe, ek sal probeer om dit nie weer te doen nie.

5. Om vergifnis te vra: Vra, sal jy my vergewe

op watter plek is jy in die gesin?

Watter skakel is jy?

Onthou maak nie saak hoe sterk die ander skakel is nie, as daar n swak skakel is dan breek dit die sterkte van die ketting. Daarom moet ons die ONS van ons gesin dien en nie myself nie.

Amen

Soli Deo Gloria

Read 178 times

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer