NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Donderdag, 26 Januarie 2017 19:05

Oesfees met Lindie Strydom

Written by

Tydens die naweek van 8/9 April 2017, samel NG-Eros Gemeente weer fondse in vir die nood in die gemeenskap.  Hierdie is 'n jaarlikse fondsinsameling waartydens gemeentelede saamstaan om 'n verskil na buite te maak - wat ook aansluit by een van ons jaartemas vanjaar - Vir Ander.  Verlede jaar het ons bykans N$1 miljoen ingesamel vir projekte wat kinders, opvoeding, voedsel, gesondheid en ander sosiale kwessies aanspreek.  Die fondse word hoofsaaklik deur Imago Dei, 'n nie-winsgewende organisasie wat die brug tussen die gemeenskappe van nood en hulp vorm, bestuur.

Vanjaar leef ons weer eens ons missionele hart uit en hoop om 'n verskil in ander se lewens te bring met ons fondse, tyd en hulpbronne. Hierdie naweek word verder ingekleur deur die besoek van Lindie Strydom van Geloof, Hoop en Liefde op Kyknet as gasspreker.  Sy gaan op 8 April vanaf 09:00 - 12:00 die spreker wees by 'n Vroue-geleentheid om vroue juis te inspireer om die Pad na God se Hart te vind en nie net vir jouself te leef nie, maar vir ander.  Hierdie geleentheid kos slegs N$100 pp wat ligte verversings insluit.  Kaartjies is by NG-Eros beskikbaar vanaf 1 Februarie.  Alle dames is welkom!

Lindie gaan ook tydens die erediens van 9 April om 09:00 met ons deel hoe ons meer missioneel kan wees.

Bydraes tot die Oesfees insameling kan van nou af tot en met einde April gemaak word.  Kontak gerus die NG-Eros Kerkkantoor by 226157 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

 

Woensdag, 11 Januarie 2017 09:53

Fokus Week

Written by

Is jy bekommerd oor jou finansies?  Lyk die jaar vorentoe vir jou deurmekaar en vol slaggate?  Voel jy ver weg van die Here af met al die verpligtinge en druk programme?  Ons roep jou om weer jou geroepenheid in Christus te herontdek en jou jaar met rigting en energie aan te pak.  

Fokus Week van 16-19 Januarie 2017 elke aand om 18:00 in die kerkgebou by NG-Eros.

Enige iemand en almal welkom!

Woensdag, 11 Januarie 2017 09:40

Huwelikskursus Februarie

Geskryf deur

Alle voornemende huwelikspaartjies wat beplan om voor September vanjaar in die huwelik te tree, word uitgenooi om Ds Johann Serfontein se voorbereidingskursus by te woon.  Die huwelik is 'n jarelange belegging en verbintenis wat tussen twee mense gemaak word, en dit is daarom so belangrik om dit op die regte fondasie te bou.  Hierdie kursus van 5 sessies gee julle die geleentheid om moontlike struikelblokke uit die weg te ruim en mekaar sommer beter te leer ken ook en die beste uit mekaar te haal in die huwelik!

DATUMS:  Woensdae 1, 8, 15, 22 Februarie en 1 Maart 2017

PLEK:  NG-Eros Konferensie-lokaal

AANBIEDER:  Ds Johann Serfontein

KOSTE:  N$500 per paar vir die hele kursus

NAVRAE en BESPREKINGS: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Tel. 061-226157.

Woensdag, 02 November 2016 06:26

Kerskuier

Written by

Ons sluit die jaar af met 'n lekker gemeente kuier op 19 November vanaf 09:00 - 13:00 by die kerk.  Sien uit na die volgende gebeure:

* Wit Olifant Tafel met tweedehandse klere & huisitems

* Pannekoek, sosaties, drinkgoed en eetgoed

* Speelruimte vir kinders

* Stalletjies met kersgeskenke en mooi goed

* 5km stap/ draf vanaf die kerk.  Dit begin 08:00 (inskrywings is N$20 pp by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

 

Vir meer inligting en besprekings, kontak die kerkkantoor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Maandag, 12 September 2016 08:17

Radikale Ritmes in die derde termyn

Written by

Die jaartema vir 2016 is RADIKAAL!  Jesus was anders, vars, verrassend, passievol en vernuwend en daarom volg ons vanjaar in Sy voetspore om te leer hoe ons ook soos Hy in vandag se tyd kan wees.  In die eerste termyn het ons Radikale Uitsprake van Jesus behandel, in die tweede termyn Radikale Helde in die Bybel en in die derde termyn gaan ons kyk na Radikale Ritmes.

Bladsy 1 van 14

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer