NG Kerk Eros Bedienings
Vrydag, 09 Junie 2017 07:33

Tienerprojek: Depressie

Written by

Depressie is ’n gevaarlike siekte wat al hoe meer kop uitsteek, veral onder ons jongmense. Dit is een van die grootste oorsake vir ’n rits ander krisisse insluitende dwelmmisbruik, alcoholisme, verslawings en selfdood, wat ook my eie ma se lewe geneem het. Johan Late, ’n oud-onderwyser en toneelspeler, wat self aan depressie lei, het ’n projek geloods waarin hy tieners bewus maak van die gevaartekens en hoe om uit die donker gat te klim voordat dit te laat is.

Johan Late kuier Sondag, 18 Junie om 17:00 met ons tieners (en belangstellende ouers) rondom hierdie onderwerp.
Ons wil graag alle tieners uitnooi om dit by te woon. Onderskeie gemeentes se jeuggroepe is welkom om by ons te kom kuier volgende Sondag!
Aangeheg is meer inligting rondom die spreker en projek.

Vir meer inligting, kontak my gerus.
SONDAG, 18 JUNIE
17:00 – 18:00
NG-EROS KERKSAAL
H/v Kuiseb & Gen Murtala Muhammed straat, Eros

Dinsdag, 20 September 2016 19:33

Junior Jeug

Written by

Ons Jeugbediening is 'n lewendige aanbieding van Bybellesse, poppekas en kreatiewe uitbeelding elke Sondagoggend tydens die eredienste.

Kinders van 4 jarige ouderdom tot Graad 1:   Kleuterkerk 09:00 in die saal

Gr 2-3:  Kinderkerk 09:00 in die saal

Gr 4-6:  Jnr Cats in die saal 09:15

Vir meer inligting of om betrokke te raak, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.gerus die kerkkantoor.

Woensdag, 14 September 2016 11:38

Vroue

Written by
Woensdag, 14 September 2016 11:12

Bedienings

Written by

Daar is verskeie maniere waarop u betrokke kan raak in die gemeente en u Christelike identiteit kan uitleef en tot volle reg laat kom.  Ons probeer deur 'n verskeidenheid van aktiwiteite en dienste die behoeftes van ons gemeentelede vervul, maar terselftertyd ook 'n geleentheid vir u om 'n diens te kan lewer.  Indien u by enige van die volgende bedienings betrokke wil raak, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. asb vir Elsabe Horn by die kerkkantoor. 

  • EVA (Eros Vroue Aksie)
  • Manne-bediening (Mannekampe en sprekers en funksies)
  • Gebedsbediening
  • Gasvryheid (Sondae diensbeurte, verwelkoming by deure, ens)
  • Jeugbediening (Kinderkerk, Junior Jeug, Senior Jeug)
  • Kommunikasie (ontwerp, sosiale media, video, skakeling)
  • Eredienste (klank, visuele media, versiering)
  • Markte (verkoping en dienslewering by Kleremark en ander markte)
  • GPS (Skakeling met gemeentelede in u area)
  • Pastoraal (sterftes, siektes, ondersteuning, hospitale)
  • Spotlight (aanddiens organisasie)
  • Eros Kroon (senior burgers)
Bladsy 1 van 6

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer